Ontsnap om te vind

GROOT AAND OP 'N KLEIN DORP

Ontsnap om te vind

Kuns is maar net die mensdom se manier om te natuur, om te blom, skryf RIKU LÄTTI ná 'n naweek se sprokieswêreld van kuns en natuur by die Karoo Art Hotel in Barrydale.

EK weet nie of daar iewers op aarde 'n paradoks-register bestaan nie, maar as iemand weet, laat my ook weet, want ek het een om by te voeg: die Was Daar-tuisblyparadoks wat in twee dele sê:

Jy kan jouself verloor deur te lank op 'n bekende plek te bly; enSoms moet jy weggaan om jouself te vind.

'n Goeie vriend van my het ná 'n relatiewe wille rit op die rollercoaster van die lewe homself laat uitspoel in 'n klein dorpie in die Klein-Karoo genaamd Barrydale. Hier het hy toe 'n koerant begin getiteld News62, want soos ons almal weet, is print media besig om 'n helse comeback te maak. Kom ons noem hom vir die doeleindes van hierdie storie Mentz. Mickey Mentz, want dis sy naam en Eminem is al gevat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.