Kom ons hoor ál Suid-Afrika se stories

SOMTOTAAL VAN ONS ERVARINGS

Kom ons hoor ál Suid-Afrika se stories

Ons hou dalk nie daarvan of stem nie altyd daarmee saam nie, maar hoe groter ons toegang tot meer weergawes van ‘geskiedenis’, hoe groter is ons kans om daaruit te leer, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

EK het onlangs aan ’n manuskrip begin werk en daar lê nog ’n lang pad voor. Die eerste reël dra oor wat uitgewers ’n paar jaar gelede vir my vertel het, voordat ek gaan sit het om te skryf aan wat ’n memoir/sosiale kritiek/kommentaar (https://exclusivebooks.co.za/products/9781990973420) sou word. Die eerste twee sinne van die nuwe manuskrip lui: “Show, don’t tell. Let me tell you a story.”

Hierdie wending na “vertel”, en nie bloot “wys” nie, was nie soseer my gewone skop-teen-die-kar tipe ortodoksie nie, maar eerder ’n aandrang daarop dat nie toegelaat kan word dat die daad of kuns van storievertel ingemeng word in ’n potjie van objektiwiteit, afstand en ’n oortuiging dat die vertel van stories nie die hede of verlede akkuraat kan weergee nie. My onmiddellike reaksie is dat ons daarmee aanvaar dat ons, mense, nie deel is van die wêreld waarin ons leef nie. Dit misken die feit dat ons sosiale of kulturele oorsprong tegelykertyd divers is, dat dit gevorm word deur geskiedenis en deur idees wat in prominensie toeneem en dan in irrelevansie, uitgediendheid en, baie dikwels, in intellektuele verleentheid verval.

Ek assosieer altyd al daardie “objektiwiteit"-dinge met die oortuiging onder rasionaliste, veral ortodokse ekonome en markfundamentaliste, dat die sosiale wêreld op die een of ander manier ingevolge ’n enkele stel wette funksioneer, “soos fisika”, en dat dit alles algoritmies kan en moet bereken word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.