’n Marathon van manjifieke obsessies

DEBORAH LEVY

’n Marathon van manjifieke obsessies

MARITA VAN DER VYVER was by ’n internasionale woordfees in Toulouse en vertel van literêre obsessies, ikone en heilige relikwieë.

EK voel altyd bietjie verleë wanneer ek bieg dat ek verlief raak op sekere skrywers se woorde. Dit klink so onvolwasse om van literêre crushes te praat, so verspot om versot te word op kunstenaars, so asof jy die erns van hulle werk met jou ongevraagde emosionele reaksie wil vervlak.

Of dis wat ek gedog het – tot ek laas week by ’n internasionale woordfees geluister het hoe wêreldbekende kunstenaars opgewonde raak oor ander kunstenaars op wie hulle versot is en deur wie se werk hulle lewenslank besiel word.

Dit was ’n bevrydende, ontroerende ervaring om Deborah Levy, op wie ek (wel, kom ek sê dit nou maar) versot is, te hoor praat oor die fotograaf Francesca Woodman, oor Simone de Beauvoir en Nina Simone en ander denkende, skeppende vroue. Ek het na genoeg aan haar gesit om die rooi naellak op haar toonnaels te bestudeer (ek weet, dit klink creepy) en haar skraal, bruin hande (sonder naellak) te bewonder...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.