’n Ode aan stap (deur ’n lui <em>flâneuse</em>)

TREE VIR TREE

’n Ode aan stap (deur ’n lui flâneuse)

Stap, nes lees, moedig MARITA VAN DER VYVER aan om in haar eie kop weg te raak, vrye teuels aan haar verbeelding te gee, oor die lewe te besin, beginsels te bevraagteken, selfondersoek in te stel. En die hemel onder haar voete te voel.

WAT ook al die probleem is, dit kan waarskynlik opgelos word deur te stap. Dis nie ék wat so sê nie, dis 'n onlangse opskrif in The New York Times, maar ek is nogal geneig om saam te stem. Hippokrates het immers al meer as tweeduisend jaar gelede aanbeveel dat jy moet gaan stap as jy in 'n slegte bui is – en as jy steeds in 'n slegte bui is, het hy bygevoeg, kan jy gerus weer gaan stap. 

En wie is ek nou om met die vader van die Westerse mediese wetenskap (of The New York Times) te verskil?

Die onlangse koerantopskrif was bo 'n meningstuk oor die akteur en reisskrywer Andrew McCarthey se nuwe book, Walking with Sam: A Father, a Son and Five Hundred Miles Across Spain. McCarthey, wat 'n kwarteeu gelede 'n lang staptog deur Spanje afgelê het, het dieselfde roete as middeljarige pa saam met sy tienerseun aangedurf, en dit lyk asof die boek wat hy oor dié avontuur geskryf het, nog 'n blitsverkoper vir hom gaan wees. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.