3 treurige draaipunte van ons demokrasie

DONDERDAG MET ALI

3 treurige draaipunte van ons demokrasie

ALI VAN WYK dink terug aan drie sleuteloomblikke in die afgelope 30 jaar van demokrasie wat in sy geheue vasgevries is.

Op 27 April 1994 het ons laatoggend voor die stadsaal in Stellenbosch in een van duisende kronkelende rye in Suid-Afrika gestaan, wagtend om te stem. Die gelag en geskerts was soos die dromerige geroesemoes langs ’n woelige munisipale swembad.

So twee plekke agter my in die ry sien ek ’n klasmaat. ’n Indrukwekkend lang en aantreklike seun van Johannesburg met die gemaklike lyftaal van ’n bevoorregte stadskind wat nie twyfel oor sy lot in die lewe nie. Hy was ’n derdegeslag-Wilgenhoffer en die seun van ’n liberale Afrikaanse politikus met ’n van waarna mense soms verwys as “adellike Afrikaners”. Ek was goed genoeg met hom bevriend om speels te vra vir wie hy gaan stem.  

Die antwoord het my verbaas...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.