Ouer as 50 en niks in die bank nie? Dis nog nie te laat nie ...

KRY JOU KOP REG

Ouer as 50 en niks in die bank nie? Dis nog nie te laat nie ...

Ons gaan almal dood. Wat jy wil voorkom, is dat jou geld opraak voor jy doodgaan. HELEN UECKERMANN troos dié van ons wat erg paniekerig raak oor ons oudag, dat jy die situasie nog kan red.

JY is 50 jaar of ouer en jy weet jy kan daardie onrustige gevoel en onderdrukte paniek nie langer ignoreer nie. Jou oudag is immers op jou drumpel en jy weet die bietjie wat jy het, is nie genoeg nie.

Dit is geensins buitengewoon nie. Sowat 40% van stedelike werkende Suid-Afrikaners het geen formele aftreeplan nie, en slegs 5% tot 7% kan gemaklik aftree. As die landelike gebiede in ag geneem word, is die situasie nog erger.

Die kommerwekkende toestand is ook nie noodwendig toe te skryf aan lakse spaarders wat hulle lewe lank fees gevier het en eers wakker skrik as dit te laat is nie. Dié is daar natuurlik ook, maar ’n goeie aantal verantwoordelike burgers se pogings word eenvoudig in die wiele gery deur sosio-ekonomiese uitdagings en omstandighede buite hulle beheer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.