’n MBA in ’n tyd van anti-kapitalisme en korrupsie?

HOE OM RELEVANT TE BLY

’n MBA in ’n tyd van anti-kapitalisme en korrupsie?

Die soeke na sakelui se heilige graal is minder gewild, maar dalk is beter opgeleide en gemeenskapsensitiewe sakeleiers en politici een manier om korporatiewe en politieke skelms vas te vat, skryf AMANDA VISSER.

VIR langer as 'n eeu is dit die heilige graal in die stryd om die hoekkantoor, asook korporatiewe én sosiale aansien. Die meestersgraad in bedryfsadministrasie (MBA) was lank sinoniem met alfa-mans, met mag en invloed, met die reuk van leer. Met geld en sukses. 

Maar wêreldwyd is daar 'n afname (https://www.gmac.com/) (3.1% in die laaste akademiese jare) in die getal studente wat die kursus voltyds aanpak, en finansiële publikasies bespiegel minstens sedert 2016 oor “Die dood van die MBA”. In die VSA, waar die kwalifikasie ontstaan het toe dié land deur sy eie nywerheidsrevolusie gegaan en maatskappye meer wetenskaplike benaderings tot bestuur vereis het, het aansoeke vir die kursus by die 10 topuniversiteite (ingevolge die Financial Times (https://www.ft.com/content/65f8a3d6-d9f8-11e9-8f9b-77216ebe1f17) se ranglys) die afgelope twee jaar afgeneem.

Verskeie universiteite in Europa en Amerika – soos die Universiteit van Iowa, Wake Forest-universiteit, Virginia Tech, asook Simmons College – het volgens 'n artikel (https://www.forbes.com/sites/poetsandquants/2019/05/26/why-business-schools-are-shutting-down-their-mba-programs/#4faca2753685) in Forbes Magazine reeds voltydse MBA-kursusse laat vaar. In Suid-Afrika gaan Wits-Universiteit van volgende jaar ook nie meer die voltydse MBA-kursus aanbied nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.