Nuwe verslag bewys hoe vrot plaaslike regering werklik is ...

MUNISIPALE OUDITS

Nuwe verslag bewys hoe vrot plaaslike regering werklik is ...

Hoe weet ’n mens iemand is keelvol? Die titel van ’n verslag lui: “Nie veel wat rondgaan nie, tog is die verkeerde hande by die kasregister.” Dis hoe Kimi Makwetu, ouditeur-generaal van Suid-Afrika, die oudit-uitkomste vir plaaslike regerings in sy nuutste jaarlikse verslag beskryf. JACO VISSER het gaan kyk hoe munisipaliteite gevaar het.

DIS nie aldag dat ’n bewaker van sekere grondwetlike funksies – in hierdie geval die staat se vermoë en verpligting om goeie waarde vir geld te lewer – hom so sterk uitspreek teen die institusionele verval in ’n sekere sfeer van die regering nie. Nogtans het Kimi Makwetu, ouditeur-generaal (OG) van Suid-Afrika, nie doekies omgedraai in sy laaste verslag rakende die stand van munisipaliteite se finansies nie.

“Fondse ter waarde van biljoene wat aan munisipaliteite toegewys is, word op wyses bestuur wat teen die voorskrifte van algemeen aanvaarde rekeningkundige dissiplines indruis,” skryf hy in sy voorwoord tot die Gekonsolideerde Algemene Verslag van Plaaslike Regering se Oudit-uitkomste wat vroeër die week uitgereik is.

“In sommige gevalle doen dié wat verantwoordelik is vir die deursigtige bestuur van hierdie hulpbronne dit nié terwyl ordentlike oorsig oor dié misstappe nie voltrek word nie. Dit veroorsaak baie swak verantwoordbaarheid en die gevolglike blootstelling tot misbruik van die openbare beursie. Daar is beperkte hulpbronne oor al die provinsies heen, maar geen ordentlike sorg word toegepas dat dit naarstiglik bestuur en bestee word nie.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.