KITSKENNIS | Wie gooi ons uit: die baba of die bad vol brandewyn?

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Wie gooi ons uit: die baba of die bad vol brandewyn?

Twee vrae is in ’n woeste vuisgeveg met mekaar gewikkel oor die hantering van die pandemie in Suid-Afrika, skryf WILLEM KEMPEN. Eerstens: Kan ons ’n algehele verbod op drankverkope bekostig? En terselfdertyd: Kan ons dit bekostig om nié so ’n verbod te hê nie?

BRANNEWYN, sal die meeste ouens jou graag oor ’n dop vertel, het nie brieke nie. Whisky ook nie. Net so min bier of wyn of vaaljapie of jenewer of rum-n-Coke of sorghumbier of witblits of mampoer of wat dit ook al is wat daai ouens in die huis op die hoek in ’n ou verfblik brou. En ’n ding sonder brieke het ’n goeie kans om in die hospitaal te beland. Daarom dat Suid-Afrika nou vir die derde keer ’n verbod op drankverkope het sedert die pandemie toegeslaan het. Maar weeg die voordele van so ’n verbod werklik swaarder as die nadele?

Reeds voor die pandemie was dit duidelik dat die gesondheidsorgstelsel swaar dra aan die gevolge van drankmisbruik. Uit ’n verslag van die Wes-Kaapse departement van gesondheid oor sterftes weens beserings in die provinsie van 2010 tot 2016 (https://www.westerncape.gov.za/assets/departments/health/mortality_profile_2016.pdf) blyk dit onder meer dat alkohol ’n rol gespeel het in:

60% van voetgangersterftes;30% van spoorwegverwante sterftes;45% van motorfietsverwante sterftes;30% van trapfietsverwante sterftes;64% van brandverwante sterftes;47% van verdrinkings;75% van sterftes weens ’n oordosis of vergiftiging...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.