DIE vorige groot verandering in onderwys was toe dit vir almal beskikbaar geword het. In tradisionele samelewings leer kinders informeel wat hulle moet weet om ekonomies die mas op te kom. Die deurgang na volwassenheid is formeel, maar kort, of dit nou stamskool of katkisasie is.
In meer komplekse samelewings is diegene wat regering of godsdiens moes behartig, deeglik en formeel opgelei. Maar dan is hulle ook sorgvuldig uitgesoek, veral deur koste wat hoog was.
Die industriële samelewing verskil op twee deurslaggewende maniere van tradisionele samelewings: Die een is dat minstens basiese geletterdheid noodsaaklik geword het om hoegenaamd ekonomies te vorder; die ander is dat gemeenskappe gedisintegreer is, sodat ouers in aparte werksplekke is waar kinders nie opgepas of opgelei kan word nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.