Covid-19: Hartseer keuses wag as dít gebeur

SIEK STELSEL

Covid-19: Hartseer keuses wag as dít gebeur

Die ongeleë waarheid is dat indien derduisende mense in Suid-Afrika weens Covid-19 ernstig siek sou word, daar te min intensiewesorgeenheid-beddens is. En, sou jy ’n skaars bed nodig kry, gaan daar volgens ’n mediese punteskaal bepaal word wie kry voorkeur, skryf ELSABÉ BRITS.

VANDEESWEEK het kenners in kritieke sorg bestaande riglyne aangepas na aanleiding van ander lande se bewese data oor wat gedoen moet word, indien ons dieselfde pad sou loop: Wat as tienduisende of meer mense in Suid-Afrika siek word, soos wat in ander lande gebeur het? Hoe kies jy op ’n regverdige manier wie het die beste kans op oorlewing?

Die antwoord: Met ’n wetenskaplike punteskaal, wat vir almal ’n gelyke kans gee. 

Buiten dit het Suid-Afrika min spesialiste en min opgeleide susters om in kritieke sorg te werk, en al kry ’n ernstig siek pasiënt toegang tot ’n ventilator, beteken dit nie so iemand gaan oorleef nie. Dit ondersteun net jou lewe, want ernstige akute respiratoriese sindroom-coronavirus-tipe-2 (Sars-CoV-2) val 20% van mense wat siek word se longe aan. Hulle moet in die hospitaal behandel word en 5% benodig een of ander vorm van kritieke sorg. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X