Corona: Dis die polisie oor wie ons moet worrie, nie die weermag nie

HULLE WIL NIE LEËR NIE

Corona: Dis die polisie oor wie ons moet worrie, nie die weermag nie

Die veiligheidsdienste gaan tot hul uiterste beproef word in die stryd teen Covid-19, skryf ADRI KOTZÉ. Hulle kan dit nou heeltemal opneuk – of uiteindelik die mense se vertroue wen.

WANNEER (en nie as nie) die coronavirus in Suid-Afrika versprei en die staat van inperking soos verwag verleng of selfs strenger toegepas word, gaan die veiligheidsdienste tot hul uiterste beproef word. Indien hulle voortgaan om hardhandig op te tree sal geweld losbars, het intelligensiebronne en waarnemers die afgelope week aan Vrye Weekblad gesê.

Videomateriaal op sosiale media van die eerste dae van inperking wys onder meer hoe polisielede rubberkoeëls, 'n waterkanon en swepe gebruik om skares uitmekaar te jaag en mense van die straat af te kry.

Boonop gee lede van die polisie mense opdrag om in hul huise in te gaan – al is hulle op hul eie stoep. Daar is ook beeldmateriaal van soldate wat mense laat opstote doen, 'n soldaat wat lede van die publiek skop en slaan en van 'n man wat in 'n erf gestamp en geslaan word deur lede van die metropolisie en die weermag. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.