Mutasies, entstowwe en hoe erg dit is: alles wat jy oor SA se ...

COVID 19

Mutasies, entstowwe en hoe erg dit is: alles wat jy oor SA se tweede golf moet weet

’n Volskaalse tweede golf van Covid-19 woed deur drie provinsies en ’n vierde een is op die drumpel daarvan. Hospitale in twee provinsies is voller as voorheen – so vol soos die partytjies wat sommige mense na hartelus hou. Hoe erg kan dit raak? Het die virus muteer en wat is die situasie met die entstowwe? ELSABÉ BRITS doen verslag oor wat jy nóú moet weet.

DIT is nou besig om baie vinnig te gebeur: Die tweede golf is hier.

Om amptelik ’n tweede golf te kan verklaar, moet die sewedaagse gemiddelde toename in gevalle gelyk wees met 30% van die piek van die eerste golf. In Suid-Afrika was dié pieksyfer 12,280 gevalle, en die kwalifiserende getal (3,680 gevalle) is op 5 Desember bereik.

So sê dr. Gesine Meyer-Rath, verbonde aan die gesondheid-ekonomie- en epidemiologie-navorsingskantoor van die Universiteit van die Witwatersrand...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.