Ace Magashule: die los kanon in die pad van die stryd teen ...

‘EK SAL STERF AS ’N KAMPVEGTER VIR TRANSFORMASIE'

Ace Magashule: die los kanon in die pad van die stryd teen korrupsie

Die sekretaris-generaal van die regerende party het die politieke nuus vanjaar oorheers. Maar, sê hy vir NATASHA MARRIAN, hy word net ‘geteiken’ omdat mense hom wil ‘neutraliseer’ en keer dat hy verder uitstyg.

“MY gewete is skoon,” sê Ace Magashule nors, terwyl hy vrae oor al sy regs-ellendes vermy.

Jy sal natuurlik verwag dat die sekretaris-generaal van die regerende ANC sy onskuld sal verklaar. Maar hy ontwyk baie vernuftig die refrein wat die voormalige president, Jacob Zuma, gebruik het. Zuma wou jare lank “sy dag in die hof” gehad het, en het toe jare lank presies dit vermy.

Tog is ’n sekretaris-generaal van die ANC wat self in die beskuldigdebank beland merkwaardig, selfs volgens Suid-Afrikaanse standaarde. As die president van die ANC die party se brein is, is die sekretaris-generaal sy hart. Hy is die enjinkamer van die organisasie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X