ANC: Moetie maak seer én skoon

ANNUS OK-EISJ

ANC: Moetie maak seer én skoon

Gerugte oor die afsterwe van Suid-Afrika se regerende party is oordrewe, skryf PIET CROUCAMP. Hulle vertoon dalk moreel terminaal, maar die reinigingsproses met pyn en pitswere is nie heeltemal sonder meriete nie.

DIT was nie 'n slegte jaar vir die ANC nie. Dit is nie dat die tektoniese plate van politieke integriteit geskuif het nie, maar die ANC is op koers om goed genoeg te doen in 2021 se plaaslike verkiesings. 

Die enigste party wat werklik met die ANC om steun meeding, is die EFF, maar daar was tydens die onlangse tussenverkiesings tekens dat die 10-12%-plafon van politieke steun besig is om vir Julius Malema 'n werklikheid te word. Rassehaat het blykbaar beperkte politieke kapitaal. Die DA se demografiese profiel ding nie werklik mee met die ANC nie, en omdat daar nie koalisies tussen die EFF en die DA voorsien word nie, het die blou party beperkte relevansie wat die ANC se politieke werklikhede betref. Die ANC doen net so min moeite met die bruin kiesers as wat die DA met swart kiesers doen en vir alle praktiese doeleindes het Luthulihuis groot vrede met die DA se bestuur van die Wes-Kaap.

Die groeiende werkloosheidsyfer is ook nie noodwendig 'n aanduiding dat die ANC steun gaan verloor nie – die werkloses was nog altyd 'n sterk bron van steun vir dié party. Die middelklas en jeug het die ANC in beduidende getalle verlaat, maar die werklike skade is die wegblystem. Die DA en die EFF se steunbasisse lewer 'n hoë stempersentasie terwyl die teenoorgestelde vir die ANC waar is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.