Omdat ons nie oor naweke inent nie, is SA nou met 1.3 miljoen ...

WEDLOOP TEEN TYD

Omdat ons nie oor naweke inent nie, is SA nou met 1.3 miljoen doserings agter

Die jongste ronde data van die Nids-Cram-opname toon die verpletterende uitwerking van die Covid-pandemie tot dusver op onderwys, kossekuriteit en gelykheid. Die feit dat Suid-Afrika met sowat 1.3 miljoen entstofdosisse agter skedule is, net omdat inentings nie oor naweke gedoen word nie, verleng die verwoesting, skryf NIC SPAULL.

SUID-AFRIKA is in ’n wedloop teen tyd. Soos die Covid-vlae kom en gaan en nuwe variante na vore kom, is dit nou duideliker as ooit tevore dat daar net een roete uit die gemors is waarin ons onsself bevind, en dit is deur inenting. En wat dit betref, is daar goeie én slegte nuus.

Die goeie nuus is dat al twee entstowwe in die land, Pfizer en Johnson & Johnson (J&J), blykbaar sterk beskerming (https://www.news24.com/news24/southafrica/news/jj-and-pfizer-vaccines-effective-against-delta-variant-health-experts-20210702) teen die Delta-variant bied wat die derde vlaag dryf. As jy dus reeds ingeënt is en ’n immuunreaksie ontwikkel het, gewoonlik so twee tot vier weke ná inenting, is dit onwaarskynlik dat jy ernstig siek van Covid sal raak.

Die ander goeie nuus is dat entstofaanvaarding met verloop van tyd verhoog. In ’n vroeëre ronde van die nasionale studie oor inkomste-dinamika en mobiele coronavirus-opname (Nids-Cram) het ons gerapporteer dat 71% van Suid-Afrikaners in Februarie vanjaar tot inenting ingestem het. In ons jongste resultate, wat pas bekendgemaak is, het dit tot 76% in April/Mei 2021 verhoog...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.