Maalkolk van mislukking sleur SA munisipaliteite na nuwe dieptes

RILLERVERHALE IN OG SE VERSLAG

Maalkolk van mislukking sleur SA munisipaliteite na nuwe dieptes

Finansiële wanbestuur, vakbonde se verwyderdheid van die werklikheid en argeloosheid jeens maatskappye wat in landelike gebiede werk skep, is van die kwessies wat die ineenstorting van Suid-Afrika se plaaslike regerings versnel, skryf JACO VISSER.

MET net enkele maande oor voordat die land se plaaslike verkiesings in Oktober gehou moet word, gaan dit wilder as ooit tevore in Suid-Afrika se wanfunksionele  munisipaliteite: finansiële wanbestuur wat handuit geruk het, munisipale werkers wat onbekostigbare salaris- en voordeelverhogings eis, en groot werkverskaffers wat keelvol is vir gebrekkige dienslewering en hul goed oppak en trek.

Lekkende waterpype, slaggate in paaie wat besighede en inwoners duur kos aan die onderhoud van voertuie, kragonderbrekings weens elektrisiteitsnetwerke wat eintlik vervang moet word, rioolvullis in die strate en 'n amptenary wat nie plaaslike inwoners te hulp wil staan nie, is van die uitdagings. Voeg daarby die biljoene rande wat nie volgens wetlike voorskrifte bestee word nie en munisipale kliënte wat nie betaal nie (of weens die ekonomiese toestande nie kán betaal nie), en die prentjie versleg elke jaar. Veral plattelanders trek swaar.

Finansiële wanbestuur..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.