Jaco Visser is ’n vryskutjoernalis wat spesialiseer in finansiële joernalistiek en veral die beleggingsmark. Hy skryf veral oor aandele, effekte, effektetrusts, die ekonomie en private gesondheidsorg. Daarbenewens het hy ’n passie om oor plaaslike owerhede – die eerste linie van dienslewering – en die landbousektor te skryf.
SKRALE KAPITAALBESTEDING
Vrot verslae, maar amptenare en raadslede baljaar in die geld
Die coronavirus het reeds wankelende munisipaliteite se inkomste in sy maai gesny - maar terwyl hulle nie hul skuldeisers soos Eskom en die waterrade kan betaal nie, het raadslede en amptenary steeds al die pad bank toe gelag - en selfs meer gekry as in die vorige kwartaal. JACO VISSER maak die somme.
Deel
INFRASTRUKTUUR soos krag-, water- en rioolnetwerke oor die land heen stort in duie, maar munisipaliteite het in die afgelope boekjaar nie eens 60% van die kapitaalbegroting daarvoor bestee nie. Bykans 90% van die begroting vir munisipale salarisse is egter wel uitgegee. Dít beteken dat vir elke rand wat aan salarisse bestee is, net 37 sent aan infrastruktuur gegaan het.
Dit is oor probleme soos dié dat die nasionale tesourie nou munisipaliteite gaan dwing om hul begrotings en finansiële maandeindes in hul verslagdoening in te sluit – want sonder behoorlike finansiële verslagdoening kan syfers én prosesse gemanipuleer word en is dit makliker om weg te kom met bedrog, korrupsie, onreëlmatige en onregmatige besteding.
Munisipaliteite moes al sedert 1 Julie 2017 aan regulasies oor die maandelikse verslagdoening van hul inkomste en uitgawes voldoen. Teen die einde van die mees onlangse boekjaar, op 30 Junie, het die nasionale tesourie weer eens beklemtoon hoe sekere munisipaliteite hulle eenvoudig afvee aan wetlike vereistes rakende verslagdoening...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelJaco Visser
JoernalisJaco Visser is ’n vryskutjoernalis wat spesialiseer in finansiële joernalistiek en veral die beleggingsmark. Hy skryf veral oor aandele, effekte, effektetrusts, die ekonomie en private gesondheidsorg. Daarbenewens het hy ’n passie om oor plaaslike owerhede – die eerste linie van dienslewering – en die landbousektor te skryf.