Nóg minder geld vir waar dienslewering reeds tot stilstand stotter

MUNISIPALITEITE

Nóg minder geld vir waar dienslewering reeds tot stilstand stotter

Die regering het besluit om die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan die gang te hou. Dit kom teen ’n koste vir ander instellings, want daar is net soveel geld in die staatskas. En plaaslike regering – aan die vooraand van nuwe salarisonderhandelinge met vakbonde – gaan ook pak kry, skryf JACO VISSER.

AS ’n mens net sóveel het, dan het jy net soveel. Wanneer jy dan besluit om die geld op ’n verliesmakende lugdiens te mors, beteken dit iets anders gaan minder kry. En die minister van finansies, Tito Mboweni, het toe besluit om onderwys, gesondheid, die polisie en sukkelende munisipaliteite ’n pak slae te gee. En dit boonop aan die vooraand van salarisonderhandelings in plaaslike regering en volgende jaar se plaaslike verkiesings.

’n Mens moet net eers ’n olifant uit die pad kry: Wanneer die regering en hoofstroommedia van ’n opgeblase loonrekening van staatsdienswerkers praat, verwys dit na die nasionale en provinsiale regerings. Munisipaliteite, oftewel plaaslike regering, ontvang bloot ’n oorbetaling van die staatskas en moet self besluit hoeveel hulle aan salarisse gaan bestee. Plaaslike regerings het ook hul eie bedingingsraad, die SA Bedingingsraad vir Plaaslike Regering, waar die SA Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) en die vakbonde met mekaar oor arbeidskwessies en salarisse onderhandel.

Die bedingingsraad, met Salga en die twee vernaamste vakbonde, die SA Munisipale Werkersvakbond (Samwu), en die Onafhanklike Munisipale en Verwante Werkersvakbond (Imatu), beklink elke drie jaar ’n loonooreenkoms wat dan vir drie jaar loop. Die huidige ooreenkoms het pas in Julie ten einde geloop toe munisipale werkers ’n 6.25%-verhoging in die sak moes kry. Volgens Statistieke SA vergelyk dit met ’n inflasiekoers van 3.2%...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.