EK het een sonnige oggend in my kantoor by die tydskrif Cape Style gesit toe die redakteur my vra of ek nie in haar plek na die bekendstelling van ’n nuwe mineraalwater wou gaan nie. Ja, sy weet, dis nou nie ’n groot storie nie, maar ek sal saam met ander lede van die pers in ’n klein vliegtuig na Victoria-Wes geneem word waar ons die bron van dié wonderwater sal besoek.
Daar sal gebraai word en ons vlieg sommer dieselfde middag terug. Ek het hoeka gevoel asof my pê pap was en dadelik besluit ek gaan – al is dit sommer vir die opwinding om in ’n vliegtuigie te vlieg.
In die lug verwonder ek my aan die landskap onder my. Daar aangekom, word ons deur twee groot viertrekvoertuie gehaal en vat ons die grondpad na die skaapplaas waar die bronaar van die water is. Te pragtig met hoë bloekombome wat liggies in die wind wieg en hul kenmerkende reuk afgee. Ons drink die helder water wat uit ’n fontein borrel. Dit is heerlik en verfrissend...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.