As almal skuldig is, is niemand skuldig nie

WAAR’S AL DIE GOEIE POLITICI HEEN?

As almal skuldig is, is niemand skuldig nie

’n Dieper, meer skrikwekkende kultuur het ontwikkel waarin dit onmoontlik raak om een persoon in hegtenis te neem en te vervolg wanneer al die ander presies dieselfde ding doen, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

EK het hierdie herhalende nagmerrie waarin ons ordentlike, eerlike, hardwerkende en etiese politici opraak – én staatsamptenare, wat dit betref. Dit help nie dat huidige en voormalige politici, selfs dié wat nie deur die Guptas ingesleep is nie, nou byna daagliks ontwikkel wat rampokkers ’n “smaak” noem nie ...

Net mooi Maandag hierdie week is een van die mees professionele en respektabele politici, dr. Zweli Mkhize, iemand vir wie ek opperste respek gehad het, deur die onpeilbare Lucky Montana by die rioolvullispoel van korrupsie ingesleep. Teen die einde van die dag, om 18:59, is op Twitter aangekondig dat die Valke-woordvoerder Hangwani Mulaudzi “te midde van bewerings oor korrupsie” bedank het. Plaas dit naas die bedanking van president Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, wat onder ’n wolk van skande uit die staatsdiens weg is, en die nagmerrie raak net dieper, donkerder en meer vreesaanjaend. Afgesien van my eie nagmerries en gruwels, sal ek hoogs verras wees as ’n aansienlike meerderheid van die publiek hulle vertroue in die regering verloor het. As hulle wel vertroue behou, sal dit waarskynlik net vanweë historiese lojaliteit teenoor die ANC wees.

Dit sal maklik wees om daarop te wys dat politieke leiers en staatsamptenare die sametrekking van die regerende alliansie en staat beliggaam, maar daar is ’n dieper, meer skrikwekkende kultuur (en hiermee verwys ek nie na ras of etnisiteit nie) waarin dit onmoontlik raak om een persoon in hegtenis te neem en te vervolg wanneer al die ander presies dieselfde ding doen. Ek het elders hieroor geskryf, maar dit herinner my aan wat ek teëgekom het terwyl ek georganiseerde misdaad in die suide van Italië bestudeer het, veral in Sicilië, waar daar die volgende gesegde is: “Tutti colpevoli nessun colpevole”. As almal skuldig is, is niemand skuldig nie. Gaan een stap verder: Dit sal regtig onmoontlik wees om ’n hele dorp of stad in hegtenis te neem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.