Desperaat in (gebreekte) Johannesburg

EN DIT GAAN ERGER WORD

Desperaat in (gebreekte) Johannesburg

Die mense van Johannesburg is gatvol vir katastrofiese dienslewering, skryf DARREN TAYLOR. En hoewel die burgemeester, Geoff Makhubo, ontken dat die stad besig is om in duie stort, beteken swak bestuur en die verouderde en verrotte infrastruktuur dat die probleme net erger gaan word.

VAN gomgatte verlore in daggadrome tussen die drankwinkels en pandjieswinkels en tweedehandse motorhandelaars aan die olierige westerse buitewyke tot kugels wat drup van diamante en botox-gesigte op die marmerloopvlakke van Sandton City, en gogo's wat walkie talkies in die flou winterson in die townships braai; hulle het almal dieselfde frustrasie en woede in Johannesburg.

Van Diepsloot tot Dainfern, Mayfair tot Meadowlands, Saxonwold tot Sophiatown … Inwoners van hierdie stad wat nooit veronderstel was om te bestaan nie, wat sonder 'n enkele ontwikkelingsplan uit goudstof verrys het en die grootste metro in die wêreld is wat nie op die walle van 'n rivier of lang die see gebou is nie, is gatvol.

Terwyl die derde vlaag van die Covid-pandemie hospitale en lykshuise volmaak en die strate, restaurante en kroeë dolleeg is, is dit moeilik om nie desperaat, of selfs depressief, te voel as 'n Johannesburger nie. Veral wanneer die watertoever afgesny is of as water uit gebreekte pype stroom, en vonke in oranje strepe spat uit die gebreekte kabels voor jou huis. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.