Woede onder dié 600,000 kiesers kan sterk seine na die ANC stuur

TUSSENVERKIESINGS

Woede onder dié 600,000 kiesers kan sterk seine na die ANC stuur

Die groot aantal kiesers wat op 11 November in 96 munisipale tussenverkiesings in al nege provinsies hul stem kan uitbring, maak daarvan ’n mini-verkiesing van nasionale belang – en ’n groot toets vir veral die ANC en die DA, skryf JACO VISSER.

DIE belangrikste kwessies in die komende tussenverkiesings is die hantering van die Covid-pandemie deur die regering, verdere onthullings van korrupsie voor die Zondo-kommissie (https://www.vryeweekblad.com/search/?query=zondo) van ondersoek na staatskaping, grootskaalse werksverliese weens ’n ekonomie wat voor die uitbraak van die pandemie reeds aan ’t krimp was, en die ineenstorting van dienslewering by plaaslike munisipaliteite (baie waar van die verkiesings gehou sal word).

Tussenverkiesings word gehou in die Noord-Kaap (20), in die Oos-Kaap (19), Gauteng (15), KwaZulu-Natal (12), die Wes-Kaap (11), Noordwes (6), Mpumalanga (5) en vier elk in die Vrystaat en Limpopo. Die groot getal verkiesings in die Noord-Kaap is weens die ontbinding van die munisipale rade in Renosterberg (Philipstown en Vanderkloof) en Phokwane (Hartswater, Pampierstad en Jan Kempdorp) deur die provinsie se premier, dr. Zamani Saul. By laasgenoemde twee munisipaliteite sal daar ook 12 proporsionele raadslede verkies word.

Meer as 600,000 geregistreerde kiesers woon in die 96 wyke wat na die stembus gaan. Dit is gelykstaande met ongeveer 1% van Suid-Afrika se totale bevolking, volgens Statistieke SA se nuutste beraming...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.