DIE Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) wil hê die Wet op Belastingadministrasie moet gewysig word sodat die munisipale skuld van belastingbetalers wat ná die indiening van hul jaarlikse opgawe ’n terugbetaling te wagte is, eers vereffen moet word voordat hulle dan die res kan kry.
Dit was die voorstel van Thembi Nkadimeng, voorsitter van Salga se uitvoerende komitee en ook uitvoerende burgemeester van Polokwane, nadat sy erken het dat 59% van munisipaliteite se debiteurskuld oninvorderbaar is. Sy het Dinsdag tydens die Nasionale Raad van Provinsies se eerste dag van sy Plaaslike Regering-week gepraat.
“Voordat belasting terugbetaal word, moet hulle nagaan met die munisipaliteit of die persoon wie se geld terugbetaalbaar is, nie sy of haar munisipaliteit [geld] skuld nie,” het sy gesê. “Indien die belastingbetaler skuld, moet die geld wat aan die munisipaliteit geskuld word eers betaal word voordat ’n terugbetaling (aan die belastingbetaler) gedeponeer word.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.