SA ‘verdeel dalk armoede, nie welvaart’

VWB-WEBINAAR

SA ‘verdeel dalk armoede, nie welvaart’

Met ’n verkrummelende ekonomie, korrupsie wat Suid-Afrikaners lam maak, asook inkomste-ongelykheid wat hardnekkig die hoogste ter wêreld bly, heers onsekerheid oor hoe die samelewing ná afloop van die Covid-19-pandemie gaan lyk. JACO VISSER berig oor 'n suksesvolle webinaar waar Vrye Weekblad, die Universiteit van die Vrystaat, 'n paneel kenners en 330 aanlyn gehoorlede dié kwessies bespreek het.

“AS ons nie hierdie ekonomie aan die groei kry nie, sal ons binnekort van die verdeling van armoede eerder as die verdeling van welvaart praat,” het prof. Bonang Mohale, voorsitter van Bidvest se direksie en kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, gesê.

Mohale, die politieke ontleder Moeletsi Mbeki, die gewese openbare beskermer, Thuli Madonsela, en prof. Philippe Burger van die Universiteit van die Vrystaat was die webinaar-paneellede. Vrye Weekblad se Max du Preez het as moderator opgetree.

Suid-Afrika se ekonomie het in die tweede kwartaal vanjaar met 51% kwartaal-op-kwartaal en geannualiseer gekrimp, volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA). Meer as 2.2 miljoen mense het in dié tydperk hul werk verloor en die getal mense wat nie ekonomies aktief in die werksmag is nie, het van 15.4 miljoen tot 20.5 miljoen opgeskiet. Die webinaar het plaasgevind vóór president Cyril Ramaphosa die regering se herstelplan vir die ekonomie gistermiddag bekendgestel het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.