DIE ANC is inderdaad ’n sirkus. Maar hoekom is die hansworse so vrot? As ons gedoem is om deur ’n sirkus regeer te word, kan ons nie minstens op hoër gehalte vermaak aandring nie?
Die laaste week se narre was die minister van vervoer, Fikile Mbalula, die president van die Umkhonto we Sizwe Military Veterans Association (MKMVA), Kebby Maphatsoe, en die immergroen, of sal ek sê immer-gekamoefleerde, Carl Niehaus.
Mbalula se eie bynaam vir homself is “Fearfokol”. Hy is die één lid van die Ramaphosa-kamp van die ANC wat hou van politieke spektakel en gereeld sy mond in kleurryke taal uitspoel. Hy is ook een van die mees onbevoegde lede van die kabinet. Hy was tussen 2004 en 2008 die leier van die ANC se jeugliga en was toe ’n ywerige Zuma-ondersteuner. In 2007 het hy die minister van finansies, Trevor Manuel, in ’n verklaring ’n “attention-seeking drama queen” genoem...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.