Is jy ’n masker-aap?

MAAK DIT TOE

Is jy ’n masker-aap?

Hulle is oral. Mense wat die regulasie van masker dra oor mond én neus verontagsaam. MICHÈLE MEYER probeer die astrante oortreders ontmasker en ontleed.

DIS nou die derde dag ná mekaar dat ek bemoerd tuiskom oor die absolute gebrek aan wedersydse respek wat ek beleef onder inwoners van my buurt. Dit krioel van waarna vriend Tommie Honiball, argitek van Pretoria, verwys as maskervarke. My een buurvrou noem hulle sommer maskholes.

Ek sien hulle in kruidenierswinkels, by die vulstasie en PostNet en deins terug. Van parkeerterreine praat ek nie eens nie. ’n Mens se mond kan oophang by aanskoue van die blatante balhorigheid oor onomwonde oortreding van ’n regulasie wat uitgevaardig is tydens die landwye ramptoestand: Elkeen wat in die openbaar beweeg, sal ’n gesigmasker dra oor neus en mond. Finish en klaar.

My mond hang níé oop nie, want my masker hou die besigheid bymekaar. Want sien, ek is geleer om reëls te gehoorsaam, regulasies respekvol na te kom en om my naaste lief te hê soos myself. Ongetwyfeld leef ek tussen talle mense wie se morele kompas ’n ander ware noord het as verantwoordelike maskerdraers...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.