Hartchirurg onder skoot ná ‘volkome snert’ oor inenting

‘ONETIES EN ONAANVAARBAAR’

Hartchirurg onder skoot ná ‘volkome snert’ oor inenting

Hoe gemaak met medici wat mense afraai om hulle teen Covid-19 te laat inent, soos wat een van Suid-Afrika se bekendste hartchirurge vandeesweek in ’n video gedoen het wat soos 'n veldbrand versprei het? Of wat ivermektien strydig met die reëls voorskryf? ELSABÉ BRITS het van dié dokters oor hul standpunte gekonfronteer.

DR. SUSAN VOSLOO is een van Suid-Afrika se bekendste dokters. Sy was in 1988 die eerste vrou in die land wat as ’n hartchirurg gekwalifiseer het en sy het op die ouderdom van 33 haar eerste hartoorplanting gedoen. As ’n praktiserende pediatriese hartchirurg geniet sy hoë aansien, en juis daarom is daar soveel ontsteltenis oor ’n rits uitsprake wat sy maak in ’n video wat wyd versprei word.

Op die video sê Vosloo onder meer “die risiko van die entstof is erger as die risiko van die virus” en “die entstof is nie ingebring vir Covid nie, Covid is ingebring vir die entstof”. Sy verkondig ook dat die samestelling van die entstowwe ’n geheim sou wees, “soos die kruie van Kentucky” (KFC), en dat dit dodelik kan wees. In werklikheid is die samestelling van die entstowwe openlik bekend (https://portal.ct.gov/Coronavirus/Covid-19-Knowledge-Base/Vaccine-Ingredients).

Vosloo sê voorts op die video (op die BitChute-platform) dat sterftes  “een van die komplikasies van die entstof is”. Dit is “gene-terapie verbloem as entstowwe” wat kwansuis in die toekoms gevolge soos onvrugbaarheid, erge neurologiese komplikasies en vaskulêre skade kan hê. Sy staaf niks van dié bewerings met wetenskaplike navorsing nie, in kontras met byvoorbeeld hierdie (https://www.nature.com/articles/d41586-021-01505-x)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.