ZONDO EN DIE PRESIDENT
Sal die ware staatskaper opstaan?
Ramaphosa moet besef staatskaping bestaan omdat byna elke aspek van ons bestaan deur sy mede-kamerade beset en beheer word. Niemand in die politieke en ekonomiese bestel is nie 'n verlengstuk van die ANC-broederskap nie, en boonop beset hulle dit bloot, maar bestuur dit nie, skryf 'n verergde PIET CROUCAMP. Blaas my bleddie siel.
ZONDO EN DIE PRESIDENT
Sal die ware staatskaper opstaan?
Ramaphosa moet besef staatskaping bestaan omdat byna elke aspek van ons bestaan deur sy mede-kamerade beset en beheer word. Niemand in die politieke en ekonomiese bestel is nie 'n verlengstuk van die ANC-broederskap nie, en boonop beset hulle dit bloot, maar bestuur dit nie, skryf 'n verergde PIET CROUCAMP. Blaas my bleddie siel.
Deel
PRESIDENT Cyril Ramaphosa se verskyning voor die Zondo-kommissie na staatskaping die afgelope week was nie 'n baie bevredigende ervaring vir 'n burgery en media wat bloed soek nie. Die president weier botweg om die ANC as 'n party in staatskaping te impliseer. Hy dring daarop aan dat identifiseerbare individue wel korrup was, én selfs die staat plek-plek gekaap het, maar dat dit alles nou reggestel sal word deur sy regrukoptrede by die nasionale vervolgingsgesag (NVG), die Valke en staatsondernemings.
Sy bewering dat hy net polities kon oorleef in die Jacob Zuma-regime indien hy sy plek geken het, het meriete. Hy sou nie 'n politieke geveg met Zuma oorleef het nie en ons keuse vir 'n president by Nasrec sou tussen Nkosazana Dlamini-Zuma en Lindiwe Sisulu gewees het. Ongelukkig is dieselfde argument steeds geldig. Ramaphosa durf nie die ANC as 'n party in staatskaping impliseer nie, want hy sal oornag sy steun in byna elke struktuur en provinsie verloor, en so ook sy vermoë om die staat te gebruik in sy stryd teen korrupsie.
Die veilige politieke roete met sy verskyning voor die Zondo-kommissie is dus om staatskaping net in terme van korrupsie te definieer. Aldus die buffelboer kom die Zuma-regime se wanbestuur ten einde wanneer die leiers onder die korruptes in die tronk is. Ongelukkig is dit soos om die simptome van 'n genetiese psigopatie te probeer medikeer. Die gedagtegang, filosofie en manifestering van korrupsie is stelselgedrewe. Die werklikheid is dat staatskaping primêr die produk is van die ANC wat die staat beset, eerder as bestuur...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelPiet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.