Entstof-oorloë: Dís hoe ons brein werk

IDENTITEITSPOLITIEK

Entstof-oorloë: Dís hoe ons brein werk

Die hewige konflik tussen mense wat Covid-19-entstowwe voorstaan en teenstaan is die nuwe frontlinie van die sogenaamde kultuuroorloë wat diepe verdeeldheid en agterdog in gemeenskappe in Suid-Afrika en oor die wêreld heen aanvuur. Hierdie skeur gaan moeilik oorbrug word, want neurologiese prosesse maak dat mense eenvoudig dieselfde inligting anders interpreteer. En dit het niks met intelligensie te doen nie. ELSABÉ BRITS en ADRI KOTZÉ berig.

DAT Covid-entstowwe nou dieselfde of selfs meer emosie en antagonisme opwek as aborsie, gayhuwelike, godsdiens in skole en die behoud van standbeelde, behoort geen verrassing te wees nie. Die eerste gerugte van 'n nuwe coronavirus in China het skaars kop uitgesteek toe die politieke oorlog begin.

Pandemies is immers hoogs ideologiese kwessies – en reaksies word van die begin af bepaal deur een vraag: Hoe gevaarlik is Covid-19? Stappe om die virus te bekamp soos inperkingsmaatreëls, maskers en entstofpaspoorte aan die een kant en sogenaamde wonderkure en 'n vertroue in natuurlike immuniteit aan die ander het sedertdien ernstige spanning in gemeenskappe in so te sê elke land laat opbou. Vriendskappe en bloedfamiliebande het in die slag gebly en hoe meer ons terugkeer na kantore en ander werkplekke, hoe feller raak die debat oor of werkgewers entstowwe uiteindelik verpligtend kan maak.

Vir abei kante van die entstof-oorlog is hierdie 'n kwessie van lewe en dood: mense wat inentings voorstaan, meen anti-vaxxers en selfs entstofhuiweriges is selfsugtig en stel almal se gesondheid in gevaar terwyl diegene wat dit teenstaan, weer glo die entstowwe kan húlle dood veroorsaak en vat hulle vryheid weg. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.