GENERAAL HET DAREM AL IN HOTEL INGEBOEK
SA Weermag is oral behalwe in Mosambiek waar die aksie is
Meer as 'n maand en 'n half nadat die ontplooiing van Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek goedgekeur is, sit die hoofmag steeds by die weermag se Gevegopleidingsentrum by Lohatla in die Noord-Kaap. Maar daar is darem een Suid-Afrikaner wat onlangs stilweg tot in Mocímboa da Praia in die verre noorde van Mosambiek baanbrekerswerk gedoen het, skryf ERIKA GIBSON.

Deel
PRES. CYRIL RAMAPHOSA het in Julie die aanvanklike ontplooiing van 1,495 soldate vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se missie in Mosambiek (Samim) vir drie maande vanaf 15 Julie in 'n skriftelike kennisgewing aan die parlement goedgekeur. Die weermag het daarna die ontplooiing bevestig asof die hele mag reeds aan’t mobiliseer was. Enkele konvooie van gevegsvoertuie, koeltrokke, veldambulanse en ondersteuningsvoertuie is daarna in sosiale media gerapporteer.
Die Angolese lugmag se grote Ilyushin 76 en die lugmag se twee Hercules C130’s het nag vir nag gevlieg om vermoedelik toerusting en voorrade na Pemba, die hoofstad van Cabo Delgado, te neem.
Intussen was die weermag nog aan die vrede maak in KwaZulu-Natal ook, meestal om te keer dat onluste-brandpunte weer opvlam. Trouens, die weermag was bitter dun uitgerek om by alles wat op een slag van hom verwag is uit te kom...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelErika Gibson
JoernalisErika Gibson is 'n spesialis-skrywer oor militêre aangeleenthede.