Die e-woord: Is dít hoe die wêreld met die Covid-virus gaan...

PANDEMIES TOT ENDEMIES

Die e-woord: Is dít hoe die wêreld met die Covid-virus gaan leer saamleef?

‘Endemies': Die nuwe Covid-gonswoord. Soos griep, masels, tuberkulose en malaria sê wetenskaplikes nou Covid sal vir jare nog in omloop wees en dat ons gaan moet leer om met die virus saam te leef. Maar, sê ANNELIESE BURGESS, dit beteken nie noodwendig dat Covid-19 eenvoudig swakker en swakker gaan word nie.

“ENDEMIES". Volgens die woordeboek is dit 'n “plaaslik heersende siekte of 'n volks- of landsiekte", maar die konsep word maklik misverstaan, sê Aris Katzourakis, 'n professor in virale evolusie en genomika by die Oxford-universiteit.

“Covid is sonder twyfel hier om te bly," sê Katzourakis (https://www.nature.com/articles/d41586-022-00155-x) in die vooraanstaande vaktydskrif Nature. “Daar is egter baie verkeerde aannames wat 'n misplaaste gerustheid aanmoedig. Dit beteken nie dat Covid-19 tot 'n natuurlike einde gaan kom nie. En die grootste risiko is dat die wêreld  weer onvoorbereid gaan wees as daar gevaarliker variante ontwikkel of 'n variant opduik waarteen entstowwe nie werk nie.

“Vir 'n epidemioloog is 'n endemiese infeksie een waar die algemene koers staties is; met ander woorde dit gaan nie op of af nie. Meer presies nog beteken dit dat die proporsie mense wat siek word die ‘basiese voortplantingsyfer' van die virus uitbalanseer – dít verwys na die hoeveelheid mense wat een individu sal aansteek as hy of sy die virus opdoen ... Ja, verkoues is endemies. Maar so ook Lassakoors, malaria en polio. En kleinpokkies ook, totdat inentings dit uitgewis het. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.