OM apps op jou slimfoon te gebruik is soos om ’n spoor van broodkrummels agter te laat wat potensieel jou identiteit kan verklap, toon ’n nuwe studie. In ’n derde van gevalle kon ’n individu uit ’n groter groep op grond van app-gebruikspatrone geïdentifiseer word.
Die navorsers aan Brittanje se Lancaster- en Bath-universiteite wat die studie gedoen het, waarsku dat gebruiksdata “dikwels outomaties deur ’n slimfoon versamel word”.
Een van die navorsers, die sielkundige prof. Paul Taylor van die Lancaster-universiteit, het gesê in praktiese terme beteken dit dat ’n wetstoepasser wat byvoorbeeld ’n verdagte se nuwe foon wil identifiseer, kennis van so iemand se historiese gebruikspatrone kan inspan om 1,000 moontlike fone tot ’n poel van net tien te verminder, met ’n 25%-risiko om verkeerd te wees. Die regte verdagte sal met ander woorde drie uit vier keer op grond van sy gebruiksdata geïdentifiseer kan word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.