“SIE macht es schön,” oftewel, “Sy maak mooi,” stel die eienaar van die haarsalon my gerus. ’n Versigtige paar vingers vou die swart nylonmantel by my kraag in; die lendelam stoel word loodreg teenoor die groot spieël geskuif. ’n Senuagtige oog stel die ongelykheid in my skouers reg, my ken word opgelig.
Daar word gevra of ek my hare vandag droog laat sny, of ek dit wil laat was. Droog, sê ek met ’n aangeplakte traak-my-nie-agtigheid van iemand wat ’n aangename aanbod nie kan bekostig nie. Die middelklasluuksheid van sorgsame hande wat sjampoe oor my hare inmasseer terwyl ek oor die welstand van my alma mater se kroos ingelig word, het ek ’n dekade gelede in ’n plattelandse Suid-Afrika agtergelaat.
In Duitsland, waar ek tans woon, is hare-sny ’n praktiese affêre – ’n kortstondige aktiwiteit om die slordigheid van die liggaam te tem. Hier word jou hare met ’n spuitbottel natgesproei, met metodiese hale gekam, die punte onseremonieel geknip – dieselfde styl, net korter. In die winter kan jy jouself met ’n haardroër help om jou kop droog te kry sodat jy die koue kan trotseer. Jy skarrel daar uit, ’n paar sentimeter en baie sente armer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.