Hoekom kry almal skielik griep – en wat kan jy doen?

INENTINGS IS DOELTREFFEND

Hoekom kry almal skielik griep – en wat kan jy doen?

Op Twitter kla dit steen en been oor die huidige griepseisoen en etlike ander gefrustreerdes laat weet hulle sukkel weke lank om hulle simptome af te skud. ILSE BIGALKE het meer uitgevind oor die stand van sake met die griep- en ander virusse wat tans in Suid-Afrika in omloop is.

“EK was besig om te oefen vir ’n wedloop en het nog die Maandag ’n goeie afstand maklik kafgedraf. Dinsdag kon ek nie opstaan nie – nie van siek voel nie, maar net van vreeslike moegheid. Vrydag het ek ’n PCR-toets vir Covid-19 laat doen (dit word as 98% akkuraat beskou) en dit was negatief. My dokter het gesê rus en isoleer maar net in geval. Dis nou al vyf weke gelede en ek kan steeds nie deur die werkdag kom nie. Ek kan uiteindelik weer so 2 km stap solank dit plat is, maar die dokter sê dit gaan waarskynlik nog drie weke vat om na ’n vorm van normaal terug te keer. Gelukkig het ek ’n griepinspuiting gehad, anders was dit nog erger.”

Dié boodskap van ’n andersins fiks en gesonde griepslagoffer eggo etlike ander klagtes van siekes oor hulle ervaring van die huidige griepseisoen in Suid-Afrika.

Ook Twitter wemel van opmerkings wat laat blyk dat Covid-19 nie meer noodwendig die hoofbekommernis is nie: “Griep maak my dood”; “Dit voel of ek al die hele maand griep het”; “Daar is die een of ander griep in die rondte: dra asb. julle maskers”; en “Hoekom kry almal skielik griep?”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.