IN Januarie 2012 arriveer ek in Erkrath, 'n dorpie in die omgewing van Düsseldorf, as die au pair-Mädchen van twee seuntjies by 'n ryk gesin.
Aan die einde van my toerismekursus in Stellenbosch het iemand gevra of ek in die werk belangstel en ek het dadelik ja gesê. Toe ek in Duitsland aankom en dit is twee weke lank -14°C, het ek gedink ek het te gou ja gesê. En toe ek agterkom ek en die kinders se ma is nie op dieselfde golflengte nie, was ek séker dat ek te gou ja gesê het.
Ná ses weke in die koue en met diep heimwee het ek vir my ma se suster in Suid-Afrika laat weet ek wil huis toe kom. (Hulle sê mos mens moet oor moeilike dinge eers met jou ma se suster praat.) Toe my pa dit hoor, het hy vir my mooi verduidelik van al die dinge wat hy al in sy lewe moes opoffer. En toe sê hy: “Jy het 'n kontrak met die mense. Jy moet daar bly.” Ek is nou nog bietjie kwaad vir hom. Maar ek bly toe maar en in die middel van die jaar kom kuier my ouers en ons toer saam vir drie weke deur Sentraal-Europa. Baie lekker...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.