AS 'n 18- en 19-jarige die kans kry om vir ’n halfjaar Suid-Afrika toe te gaan en die koste word ook nog gedek, dan doen mens dit!
Ons het die halwe jaar in Springs (Wolter) en Carletonville (Arja) deurgebring. Wolter moes 'n projek doen as deel van sy pad- en waterboukunde-opleiding en ek het by familie van my pa loseer en iets verdien deur vir Truworths verstellings aan klere te doen.
Naweke en ander aftye het ons saam deurgebring. Net daar het iets in ons bloed gekom – die Nederlandse rooi- en witbloedselle het met 'n derde variant gemeng: Suid-Afrikaanse selle. Springs en Carletonville was nou nie so inspirerend nie, maar daar was tog dinge om te ontdek. In die Desembervakansie is ons eers na die Drakensberge. Ons tentjie het byna op die rand van die Howickwaterval gestaan. Daarna kuslangs gery en Nelspruit, Sabie en die Krugerwildtuin beleef. Die panoramaroete het 'n groot indruk gemaak – te mooi!..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.