Om ’n kuiergas te wees is ’n kuns

FYN BALANS

Om ’n kuiergas te wees is ’n kuns

Feestyd se gaste laat 'n talmende indruk wanneer hulle vertrek. Dit kan 'n erg grillerige een wees, skryf ERIKA DYKES.

  • 14 Januarie 2022
  • Klubhuis
  • 2 min om te lees
  • artikel 16 van 28
  • Erika Dykes

SOOS 'n warrelwind is allerhande kuiergaste die afgelope vakansie deur ons huise en ons harte. Wanneer kuiergaste vertrek, is dit dikwels wat gashere nié sê nie wat 'n besoek as een van vreugde of verwonding onderskei.

In antwoord op die gaste se “dankie, ons het so lekker gekuier” wanneer hulle wuiwend die pad vat, kom die gasheer se woorde: “Ons is bly julle het dit geniet,” of:  “Ons is dankbaar dat julle lekker gerus het.” Lees jy egter tussen die lyne, ontdek jy wat nié gesê is nie: “Vir ons was dit net dekselse harde werk en baie uitgawes terwyl julle gulhartige gasvryheid geniet het.”

Daarenteen beteken gashere se afskeidsgroete soos: “Ons het julle geselskap geniet en kan nie wag tot jul volgende kuier nie,” of: “Ons koester kosbare herinneringe aan hierdie vakansie en hoop ons sien julle gou weer” duidelik dat hulle ook genot geput het uit die samesyn – geswoeg en uitgawes ten spyt...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.