Bredie in die somer, glo dit as jy wil

FYNPROE

Bredie in die somer, glo dit as jy wil

Die kraaie gaap, maar NETTIE PIKEUR sê pleks van slaai is dit nou die ideale tyd vir warm, swaar kos. Ja, jy het reg gelees! Hierdie twee geregte uit haar kosrubriek vir Vrye Weekblad op 8 Februarie 1991 laat ons ’n ligte sweetjie op ons voorkop uitslaan, maar dit laat ook ons mond behoorlik water.

KAAPSE weer in Januarie/Februarie maak sterk manne lam, maar ons is tot met dié skrywe uitgespaar van die versengende hitte. (Hier is 'n aweregse grappie onder gemene Kapenaars: Hulle nooi unsuspecting toeriste om tydens parstyd in die wingerd te kom druiwe pluk. Dit kan ver oor die 40 grade word, maklik, en die arme besoekers dink eers dis groot sports en dan kap hulle om.)

Nie dat sulke helwarm dae ooit ons vrind Michiel daarvan weerhou om peinsend te sit en beplan aan ’n maaltyd vol boontjies, rooiwyn en rookwors nie. Of in sy kombuis te kook aan ’n stew vol varkvleis of pootjies of kalfskop nie.

Bredie is vir Michiel te mak. Hy hou van stew en sop met klonte aartappels en rooikool met appels. Hy hou in die hoogsomer van die soort winterkos wat ons gewoonlik hou vir huilweer, so teen einde Augustus wanneer dit nooit ophou reën nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.