’n Jaar van skuld, rente en inflasie

NOU VIR TERUGBETAAL

’n Jaar van skuld, rente en inflasie

Ons is nog ver weg van wat voor Covid-19 normaal was, maar 2021 sal uit ’n ekonomiese oogpunt onthou word vir die beter as verwagte herstel in die internasionale en Suid-Afrikaanse ekonomiese groeikoers, skryf HUGO PIENAAR.

ONVERWAGSE en ongemaklik hoë inflasie was in baie lande ’n groot besprekingspunt in 2021, hoewel nie juis in Suid-Afrika nie.

Plaaslik was die ekonomiese groeiprestasie beter ondanks ’n rits terugslae. Dit sluit in die ergste jaar tot nog toe van beurtkrag en die Julie-onluste. Saam het dit onder meer gelei tot ’n selfs hoër plaaslike werkloosheidskoers in 2021 vergeleke met 2020, toe die ekonomie met ’n enorme 6.4% gekrimp het. Dit is in teenstelling met van ons vernaamste handelsvennote, waar ’n herstel in ekonomiese groei ’n herstel in indiensname moontlik gemaak het.

Betreffende BBP-groei is die plaaslike eie doele in 2021 versag deur stimulus van die res van die wêreld. Dit het onder meer rekord-lae rentekoerse en uitbreidende staatsbesteding (veral in die VSA) ingesluit wat sterk ekonomiese groei van 5% en meer in groot dele van die wêreld moontlik gemaak het. Die skerp herstel in die wêreld se BBP-groei het op sy beurt bygedra tot die wesenlike styging in hulpbronpryse wat plaaslike uitvoerverdienste en staatsinkomste ondersteun het. Suid-Afrika het ’n onverdiende maar broodnodige en welkome meevaller gekry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.