Nederland het ’n aggressieprobleem

BY 'N KRUISPUNT

Nederland het ’n aggressieprobleem

Van medici en joernaliste tot polisie en politici in Nederland loop gereeld deur onder klappe, stote en ’n geskellery. Hoe kan daar soveel woede skuil in ’n land wat elke jaar pryk in die top-10 van gelukkigste volkies ter wêreld? vra ANESCA SMITH.

WAAR Nederland nog aan die begin van die Covid-pandemie sy mediese sorgverleners toejuig en op die hande dra, is dokters, ambulans- en verpleegpersoneel nou toenemend aan die ontvangkant van dreigemente en geweld.

En nie net medici nie. Ook joernaliste, die polisie en politici loop gereeld deur onder die klappe, stote en ’n geskellery. Toe die Nederlandse joernalis Mark Baanders verlede jaar kerkgangers in die konserwatiewe dorpie Urk benader vir kommentaar oor hul verontagsaming van corona-maatreëls moes hy nie net ’n paar klappe en stote verduur nie, maar is hy boonop voor die kerkdeure opsetlik byna platgery deur ’n man in ’n BMW. Op dieselfde dag, 150km verder suid, het nóg ’n joernalis ’n paar karate-skoppe in die rug gekry, óók deur kerkmense.

En net verlede week het die nuwe minister van finansies, Sigrid Kaag, die soveelste politikus geword wie se woonadres op die internet versprei is om vervolgens deur wildvreemdes by haar huis ingewag en bedreig te word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.