Om anderpad te kyk as gruweldade gepleeg word

SAL JY INGRYP?

Om anderpad te kyk as gruweldade gepleeg word

Kan ons hulp verwag as ons in die openbaar aangeval word? Ná 'n gru-aanval in New York in die 1960's is die teorie van die ‘omstander-effek’ ontwikkel, wat maar 'n droewige prentjie van die mensdom skep. Maar, skryf die sielkundige LOUIS AWERBUCK, ons is in werklikheid nie altyd almal so nie.

OP hoërskool het almal vir Gompie geterg en getreiter. Die aanvanklike sneller hiervoor was seker sy bril se dik, swaar lense wat sy oë abnormaal groot en verbaas laat vertoon het, of sy struikelende manier van loop, of sy giggelgeluide.

Gompie het week in en week uit onder meedoënlose poetse, draakstekery en afknouery deurgeloop. Dit was 'n alledaagse verskynsel dat Gompie in die skoolrye gepootjie is, of op 'n koue wintersoggend met 'n wysvinger agter die oor geskiet is. Sy tas het gereeld verdwyn of is met insekte gevul, en in die koshuis kon hy nooit rustig slaap nie. 

Gompie is dus per definisie erg geboelie. Dit het aangehou tot in matriek, toe 'n onderwyser ons eendag in Gompie se afwesigheid bymekaar geroep en onder skoot gekry het. Die onderwyser het gevra hoe elkeen van ons sou voel om só behandel te word. Lafhartig, het hy ons genoem. Ruggraatloos. Wat sê dit van jou as jy jou verlekker in ander se leed of vernedering, het hy gevra en met minagting na ons gekyk. Is daar nie eens een van julle wat genoeg trots het om nie soos 'n klomp stom hoenders op die swakste te pik nie, het hy beskuldigend gevra en só 'n spieël van ons laakbare tropgedrag voorgehou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.