“MAAR hoe gaan ons hom gemotiveer kry?", smeek-vra Boetie se ma, sigbaar ontsteld en benoud. Pa sit onhandig stil en stres, sonder om veel by te voeg. Boetie het pas die administratiewe proses by die privaat psigiatriese kliniek voltooi. Hy was nie lus nie, maar hy moes.
Op 19 word hy volgens wet as 'n volwassene hanteer en moet hy self toestemming gee vir die behandeling, al betaal sy ouers se mediese fonds daarvoor. Die psigiater sien hom vanmiddag, en dan gaan hy medikasie begin gebruik. Teen sy ma se sin, want netnou raak hy afhanklik en wat dan? Pa is nie noodwendig gekant teen die middels wat Boetie sal moet gebruik nie, want uit die onderhoud met hulle blyk dit dat hy self 'n lang en soms somber pad met die swart hond aankom.
Boetie kry 'n slaapkamer wat sy woning gaan wees vir minstens die volgende twee weke. Sy ma het eers die kamer verken en vir hom 'n ander duvet oor sy bed bewerkstellig. Een wat van die huis af kom sodat hy nie voel of hy in 'n hospitaal is nie, verduidelik sy. Sy het ook sy bed nuut oorgetrek soos sy weet hy daarvan hou. Die kliniek is gelukkig nie ver van sy woonstel nie, soos sy woonstel nie ver van die ingenieursfakulteit geleë is nie. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.