Die storie van haar (ellendige) lewe

BINNEWÊRELD STELSELMATIG MISVORM

Die storie van haar (ellendige) lewe

Dit gebeur min dat mens 'n presiese oomblik in iemand se lewe kan bepaal waar 'n insident onherstelbare en vernietigende sielkundige skade veroorsaak het, verduidelik die sielkundige LOUIS AWERBUCK. Dit gebeur ook min dat dieselfde destruktiewe insident dan meedoënloos in dieselfde formaat voortgesit word vir meer as 'n dekade.

DIE handgeskrewe brief kry ek amper heel agter in haar lêer. 'n Effens vergeelde lêer wat saam met 'n paar ander wat nie vernietig sal word nie, gestoor word. Dit was meer as twee dekades gelede dat sy dié brief woordeloos in my hand geprop het. Met 'n balpuntpen voorop geskryf.  Hierdie is die storie van my ellendige lewe.

Die woorde staan alleen en netjies as aanhef op die eerste bladsy, soos die titel van 'n roman. Op A4-folio papier met dowwe, ligblou lyne en twee gaatjies aan die linkerkant gepons. Sy het dit aan my oorhandig ná 'n paar aanvanklike sessies wat meestal in stilte afgespeel het. Sy wou nie daar wees nie; sy was 20 jaar oud. Haar bestuurder het haar egter laat verstaan dat haar werk in die gedrang sou kom indien sy nie die sielkundige gereeld gaan sien nie. In daardie tyd is dit nog só gedoen.

Die ander sekretaresses het oor haar begin kla. Daar is gefluister dat sy die kantooratmosfeer versuur omdat almal op eiers om haar loop. Daar is gesê dat sy mislik is met almal om haar. Sy was nog skaars uit haar tienerjare, maar reeds elke oggend halfses op kantoor. Verbete besig om te liasseer, te orden, te katalogiseer en te rangskik. Soos sy elke oggend daarna aanhou doen het, behalwe op Sondae.  Elke aand het sy eers ná sewe die ligte teësinnig afgeskakel en die deur van haar kantoor toegetrek. Haar werk het nooit klaargekom nie, daar was altyd nog iets wat gedoen moes word. Sy het van die begin af nie sosiaal gemeng nie, en dit het nie lank geneem voor sy nie meer genooi is om saam koek-en-tee te doen of verjaardae te vier nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.