Van Mêêêêêêêrweville na Matjiesfontein: voetslaan op die...

WINTERTREK 2021

Van Mêêêêêêêrweville na Matjiesfontein: voetslaan op die groot skaaptrek

Tot laat in die 1980’s het heelwat Karoo-boere jaarliks te voet saam met hul vee tussen somer- en winterplase getrek vir goeie weiding. Dié skaaptrek-tradisie is besig om uit te sterf omdat al hoe meer boere vee per vragmotor vervoer en droogtes die trek verhinder omdat daar nie groener weiding beskikbaar is nie. Een man wat volhard met die skaaptrek is Frans Hattingh van Merweville. MARYKE ROBERTS vertel meer oor vanjaar se wintertog.

FRANS Hattingh stap elke jaar die sowat 120km van Sandstraat, Merweville, tot by Matjiesfontein saam met sy gesin, al sy skape, handlangers en skaaphonde. Alles wat hy op die tweede plaas gaan nodig hê, word saamgery op bakkies, sleepwaens en trekkers.

Hy sê hy is een van die min boere wat nog trek omdat meeste ouens in sy omgewing hul Karoogrond verkoop het.

Die heel eerste keer wat ek van die trekpad-tradisie bewus geword het, was in ’n dun ou boekie genaamd Boerneef: ’n Keur uit sy prosa. Een van daardie boeke in my pa se studeerkamer wat ek as kind afgehaal het uit blote verveling en toe daardeur vasgevang is en deurgelees het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.