Vergeet van toelae: Dis tyd vir ’n burgerdividend

RYK ÉN ARM

Vergeet van toelae: Dis tyd vir ’n burgerdividend

Al hoe meer stemme gaan op dat Suid-Afrika 'n basiese inkomstetoelae moet instel, wat natuurlik weer heftige teenstand teen dié ‘sosialistiese' idee ontlok. DOUW STEYN stel voor dat ons dan maar die ou idee van 'n burgerdividend afstof.

JOU brein is ’n verneuker.

Terwyl die plundering ons middelklas laat bewe, het ek grootoog aanskou hoe platskermtelevisies, yskaste, wasmasjiene, meubels en Johnny Walker Blue transaksieloos van eienaarskap verwissel. Net daar besluit ek om die pad na Damaskus te neem om hierdie gepeupel in kettings te slaan.

Op pad wou ek net weer my aanklagte formuleer en poog om die beelde van die plunderaars met luukse goedere op te roep. Maar al wat my brein deurstuur, is verhongerde mense wat skarrel om ’n pakkie hoender, ’n sak meel, ’n paar brode, tamaties en aartappels op te raap. Dit is nie wat ek soek nie, maar dit is al wat in my geestesoog vassteek: verhongerde mense wat ’n kans aangryp om die gesin vanaand met ’n vol maag bed toe te stuur. En dan wonder ek nog oor die bed. Kans is goed dat daar op die vloer geslaap word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.