Maryke Roberts

Joernalis

Maryke Roberts is al bykans 30 jaar ’n joernalis, getroud met die liefde van haar lewe, medejoernalis Clifford, en hulle is saam nuuskierig oor die wêreld. Hulle besit ’n klein skryfonderneming, The Letter Box, wat taalversorging behartig. Maryke skryf gereeld boek- en teaterresensies (wanneer die wêreld nie deur ’n pandemie verlam is nie) en ontmoet bekendes en minder bekendes wat interessante dinge doen. As die kans hom voordoen, is reis hul gunsteling-tydverdryf en so aan’t verkenne, word daar nuwe vriende in elke uithoek van die land – en wêreld – gemaak. Verskeie toekennings vir skryfwerk hang teen haar kantoormuur en motiveer haar om altyd na nuwe hoogtes te bly streef. Goeie koffie, goeie boeke, goeie wyn en goeie mense hou haar staande.

Mense & Kultuur
Gratis

Van vlugtelinge tot wynghoeroes

Gesondheid & Omgewing

Die loomheid van Addo kom sit in jou lyf

Mense & Kultuur

Van Mêêêêêêêrweville na Matjiesfontein

Mense & Kultuur

Evita se Perron is dood aan Covid, maar ...