‘Blinde ambisie’ lei Zim-vlugtelinge op die pad na wynsukses

VAN KELNER TOT KELDER

‘Blinde ambisie’ lei Zim-vlugtelinge op die pad na wynsukses

Nadat hulle byna 'n dekade tevore met skaars die klere aan hulle lyf uit hul geboorteland gevlug het, is vier Zimbabwiërs besig om internasionaal naam te maak as sommeliers en wynmakers. Boonop word hulle eersdaags vereer in ’n dokumentêre fliek, Blind Ambition, skryf MARYKE ROBERTS.

DIE storie van vier Zimbabwiërs in Suid-Afrika se wynwêreld is een van inspirasie en hoop teen alle verwagtinge in. Joseph Tongai Dhafana, Tinashe Nyamudoka, Marlvin Gwese en Pardon Taguzu het nie een wyn geken voor hulle in Suid-Afrika kom werk het nie. Al vier se mantra is dat harde werk altyd beloon word.

Blind Ambition word op 3 Maart in Australië uitgereik nadat dit verlede jaar op die Tribeca-filmfees in New York sowel as op die Sydney-filmfees in Australië as beste dokumentêr aangewys is.  Onderhandelinge vir die Suid-Afrikaanse uitreiking is tans onderweg.

Die fliek is in Engels en Shona met Engelse subtitels deur die Australiërs Warwick Ross en Rob Coe geregisseer en vervaardig. Hulle het saam met Paul Murphy en Madeleine Ross die draaiboek geskryf. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.