’n Tragiese dag, ’n verskriklike dag, ’n wonderbaarlike dag

MEEGEVOEL EN MEDELYE

’n Tragiese dag, ’n verskriklike dag, ’n wonderbaarlike dag

Toe die see by Gordonsbaai ’n 10-jarige meisie van Delft vat, is dit ’n tragedie. Maar ’n wonderwerk gebeur ook, want die dorp ontplof in kommer en omgee en medemenslikheid, naasteliefde. Helaas is sommige mense se reaksie ook liefdeloos. Rassisties. Neerhalend. Maar dis die medemenslikheid wat bybly, skryf ANASTASIA DE VRIES.

TWEE ambulanse. Polisievoertuie. Die plaaslike sekuriteitsmaatskappy. En ’n ma wat wag dat die see haar kind vir haar teruggee. ’n Muur van mense. Hulle wag. Twee ander kinders kon gered word. Háár kind. Sy is op haar knieë, klou aan ’n polisievrou, hul arms om mekaar. Haar oë priemend oor die water wat haar kind gevat het. Iemand prewel Psalm 23, die Onse Vader.

Dit was die afgelope Saterdag toe die menseredders haar kind uit die see by Gordonsbaai uitdra, haar meisiekind van wie sy kort tevore nog ’n foto geneem het met die “jellies” wat sy op die strand opgetel het in haar hande. Blink oë, klein glimlaggie om die mond. Hulle kos moet eers sak voor hulle die see in, het haar ma haar nog gemaan. Toe gaan speel sy en die ander kinders in die parkie. Knap daarna bring haar elfjarige broer die nuus, “hulle verdrink daar anderkant in die water”. Haar oë was toe toe hulle haar op die strand neerlê. Sy’t gelyk soos ’n kind wat slaap. Vredig. Paramedici het haar probeer bybring. Hulle jaag met haar hospitaal toe. Die mense op die strand was stil tot die gehuil van sirenes in die verte wegdoof.

’n Tragedie. ’n Wonderwerk. Die verskriklike en die wonderbaarlike. Die dorp ontplof in kommer en omgee en medemenslikheid, naasteliefde. Enige nuus oor die kindjie, word oor en weer in sosiale mediagroepe verneem. Ons hoor sy was maar tien jaar oud. Van Delft, meer as 30 km hiervandaan. En nou is sy dood in die see by Gordonsbaai. Ons tragedie. Ons verlies. En in die tragiese is dit asof sy ons kind word. Delft se seer Gordonsbaai se seer. Die meegevoel en medelye stroom in. Is daar iets wat ons vir haar ma, haar familie kan doen?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.