Kanselleerkultuur: In die spervuur van die sperbewind

SIT DIT AF, SKRAP DIT UIT!

Kanselleerkultuur: In die spervuur van die sperbewind

Is kansellasiekultuur 'n nuwe, drastiese herskrywing van die geskiedenis? vra SCHALK SCHOOMBIE. Nee wat, dié sperkultuur is meer as 'n lawwe gier – dis 'n noodwendigheid wat almal dwing om fyner te lees, dieper te dink en slimmer te debatteer.

IN die 1980's het elkeen met diksooltekkies Michael Jackson se “Moonwalk" probeer nadoen. Ek het ook gly-gly agteruit op 'n gladde stoep gerepeteer. Sy “Thriller" was ewe aansteeklik, die zombie-groepdans in die begraafplaas het dooies uit hul grafte geanimeer – 'n rock-manie onder die volmaan.

Ondanks wydverspreide gerugte dat die Koning van Pop klein seuntjies met sy dansgiere sou lok, groom en seksueel teister, kon aanhangers nie genoeg van hom kry nie. Die slagoffers en hul families het tevergeefs betoog. Wacko is in 'n kriminele saak vrygespreek en blykbaar kon geen aanklag die Teflon-ikoon se status beklad nie.

Eers dekades later – ná sy dood op 50 aan 'n oordosis medikasie – en met die uitkringende afrekening van die #MeToo-beweging, het die Facto TV-dokumentêr Leaving Neverland (2019) se skok-onthullings van twee volwasse mans wat as minderjariges deur Jackson gemolesteer is, oplaas 'n verdoemende uitwerking gehad. Baie radiostasies het sy musiek verbied, maar plaaslik word sy musiek steeds uitgesaai sonder veto of negatiewe kommentaar. Ek het my diksooltekkies weggegooi en deesdae skakel ek die radio af wanneer “Thriller" speel – my simboliese gebaar van afkeer en sensuur wat geensins die nadoodse verkope van sy musiek of aanhang affekteer nie. C’est la vie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X